Voorwaarts.co.za - Buitelewe Klub, Centurion, Gauteng, Suid Afrika

 Tuisblad  :: Wie is Ons :: Nuusbrief :: Kalender :: Sluit Aan :: Foto's :: Kontakte :: Gaste Boek

 

 Die Voorwaarts groep is 'n eko vriendelik gesins georienteerde buitelewe groep wat 'n verskeidenheid buitelewe aktiwiteite in hul vakansies en naweke aanpak. Voorwaarts wil 'n platform skep waar die buitelewe persoon kan deelneem aan 'n verskeidenheid van aktiwiteite in 'n prettige en vriendelike atmosfeer.

Baie van ons het in ons huidige gejaagde bestaan nie altyd die kennis of tyd om sulke toere of aktiwiteite te beplan nie. Voorwaarts gee dus aan lede die geleentheid om aan georganiseerde buitelewe aktiwiteite deel te neem sonder die beslommernis van koste berekenings, reëlings en besprekings. Deur groep besprekings en kontakte kry ons spesiale tariewe wat net so aan lede deurgegee word.

Stoot dus nou jou voete onder die tafel in en kom smul saam aan 'n lekker lees webtuiste wat oorloop van inligting oor bestemmings en aktiwiteite wat uit eerstehandse ondervinging verkry is. Op ons kalender kan jy sien wat ons beplan en ook jou besprekings doen. Het jy dalk saam getoer? Gaan kyk of jou foto in ons album is.

Stuur vir ons 'n e-pos oor jou ondervinding saam met ons en ons plaas dit in ons gasteboek.

Dozi sê: “kom 'n bietjie binne” Ons sê : KOM 'N BIETJIE UIT !!!!!

 

Klubreëls

 

Aktiwiteite - Activities

Diepsee visvang, 4x4, stap, jag, Namib, kampeer, toer, witwater roei, snorkelduik, oorgrens toere,

deep sea fishing, camping, hunting, white water rafting, cross border tours, snorkel diving

 

 

Afstanddoening : Ontwerp

 

Skakels-Links

Vir beste resultate bekyk met 800 x 600 piksel resolusie

Kopiereg © 2003 - 2010 Voorwaarts. 

Hierdie webwerf is ontwerp en word onderhou deur Smalladds.com.